SkoleRugby!

Hi ek is Elné

Ek lewe vir God en streef daarna om die mooi in elke dag te sien. Ek is ‘n gekwalifiseerde onderwyseres met ‘n groot liefde en passie vir Rugby! Ek is ook die eienaar en stigter van SkoleRugby!. ‘n Blad wat ek begin het in 2018 en min het ek geweet hoe dit sou groei. Dit is vir my so lekker om my passie saam duisende ander rugby liefhebbers te deel!

Ek het besef so 'n blad is op aanvraag

In 2018 het ek voor die TV gesit en Cravenweek gekyk. Ek wonder toe hoe sal iemand wat nie daar is of nie kan kyk nie die uitslae of bepalings kan uitvind. Ek het dadelik besef dat my passie vir hierdie sport kan ‘n verskil maak en so het SkoleRugby! ontstaan.

Die getal 'followers' is my minste fokus

Die getal followers is die minste waarop ek fokus, ek wil he spelers en almal wat bewus is van die blad moet saam met my hierdie positiewe Rugby blad geniet en saam maak ons Skole Rugby op sy beste groot!

My doel is om geleenthede te bied

My doel is om rugby spelers blootstelling te gee en vir hulle geleenthede te bied om hul rugby verder te vat in hulle toekoms. Ons bou bande met akademies en platforme wat spelers die nodige ervaring en blootstelling sal bied.

#skolerugbyopsybeste